| Economy of Lucerne |
|
|
|
|
Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George 1. INLEIDING Lusern produksie in die Klein Karoo is redelik algemeen met ‘n wye aanwending. Lusern hooi en -saad is die hoof produkte met redelik gevestigde produksie praktyke. Die lusern bedryf in die Klein Karoo se grootste beperking is sekerlik die waterbesikbaarheid en sekere praktyke het ontwikkel as gevolg van hierdie beperking. Die droogte in die Suidkaap en Karoo het weereens die afhanklikheid bewys van die melk-, volstruis- en vleisbedrywe ten opsigte van die beskikbaarheid van hoë kwaliteit lusern hooi. Hierdie vraag na hooi het dan ook ‘n invloed op die lusern saad bedryf. Die seisoenale aard van weidings beskikbaarheid het ook tot gevolg dat daar ‘n seisoenale vraag na lusern is. Die voorsiening van lusernhooi vanaf die Klein Karoo word oorweegend gedryf deur die beskikbaarheid van water. Die seisoenale prys van lusern hooi hang grootliks af van die seisoenale vraag en die periodieke droogtes. Weens hierdie wisseling in die lusern mark is daar ook heelwat vrae oor die ekonomie van lusern verbouiing. Hierdie praatjie probeer van die vrae beantwoord. As gevolg van uiteenlopende situasies op plaasvlak en die wisseling in die mark word daar gepoog om tendense deur te gee en nie om akkurate begrotings syfers weer te gee nie. Daar word na die koste van lusern verbouiing gekyk in die vergelyking met alternatiewe stelsels. 2. METODE Bedryfstak begrotings is opgestel vir lusern. Data is van verskeie bronne en kundiges verkry. Begrotings data is nie geverivieer nie en word dus slegs aangewend om verskillende scenarios met mekaar te vergelyk. Weens die variasie in produksie stelsels, opbrengste en pryse is van sekere aanames gebruik gemaak in die berekenings. Tabel 1: Aanames gebruik in die berekeing van bedryfstak begrotings en inkomste en koste per baal.
3. LUSERN BEDRYFSTAK BEGROTINGS Lusern bedryfstak begroting is opgestel vir die vestiggings jaar en ‘n normale produksie jaar.
Die gemiddelde jaarlikse bruto produksie waarde van lusern oor ‘n ses jaar periode is R19,077 per hektaar. Met ‘n gemiddelde produksie koste (direk toeteelbare en nie direk toedeelbare veranderlike koste) per hektaar oor dieselfde periode van R9,539 is die gemiddelde bruto marge R9,538. Wanneer sekere oorhoofde kostes in berekening gebring word is die gemiddelde marge bo voerkoste R8,951 per hektaar. Tabel 2: Sensitiwiteits ontleding (Opbrengs en Prys per ton)
Afhangend van die prys van lusern per ton en die opbrengste (ton per hektaar) volgens tabel 2 kan die marge bo koste per hektaar geweldig varieer. Die Lusern hooi bedryf is ‘n redelike lae risiko bedryf wat die wisseling in die mark kan hanteer met steeds redelike marges per hektaar. Tabel 3: Inkomste en koste per baal
By baalkoste is ingereken die baaltou, diesel en herstel en onderhoud op die trekkers en implemente. Dit beloop R80.11 op ‘n ronde baal en R8.04 op ‘n klein baal. By die vaste koste is arbeid, lisensies, versekering en depresiasie op trekkers en implemente ingereken. Op ‘n rondebaal is dit R47,73 en op ‘n klein baal is dit R5.17. Met om ‘n deel baal of waar kontrakteurs lusern baal, is daar additionele kostes wat in berekening gebring word wat die kostes per baal sal verhoog.
4. ALTERNATIEWE PRODUKSIE STELSELS Die voordeel van die lusern bedryf in die Karoo is dat alternatiewe produksie stelsels, produkte en markgeleenthede bestaan wat die risiko kan verlaag met steeds goeie marges per hektaar. Met periodieke beperkte voorsiening van water word van die lusern lande aangewend vir saad produksie. Soos die lusern hooimark se pryse varieer, is daar ook groot variasie in lusern saad pryse en obrengste. Saad pryse word oorwegend beinvloed deur vraag en aanbod. Tabel 4: Invloed van saad obrengs en prys per kg saad op inkomste minus direkte oeskoste.
Om tussen twee stelsels te vergelyk word normaalweg van gedeeltelike begrotings gebruik gemaak. Weens die variasie in opbrengste en pryse word die invloed daarvan op die inkomste minus die direkte kostes aangedui. Met saad produksie word ongeveer twee snysels van lusern hooi ingboet. Die koste daarvan hang dus grootliks af van verwagte opbrengste van lusern hooi. Tabel 5: Invloed van lusern hooi opbrengs (oor 2 snysels) en lusern hooi prys op inkomste minus direkte oeskoste.
Omdat lusern hooi die primêre produk is word die vaste koste verbonde daaraan as ‘n gegewe beskou. Die vaste koste om lusern saad te produseer kom dus additoneel, dit beloop R424,40 per hektaar. Dit sluit in lisensie, verskekering en depresiasie maar nie rente op kapitaal nie. Die uitkontrakteuring van die oes van saad kan dus ernstig oorweeg word. Die faktore wat die besluit gaan beinvloed van hooiproduksie teenoor saadproduksie sal oorwegend wees die potensiele verliese in opbrengs weens periodieke onvoldoende water voorsiening, prys van lusern en die prys van lusern saad. Die beweiding van lusern veral deur volstruise is ook ‘n algemene praktyk. Die algemene riglyne is dat daar ongeveer 30% tot 40% verliese van lusernweiding is. Die realiteit in die praktyk is dat beweide lusern vinniger afneem en gouer vervang moet word. Kultivar keuses raak ook belangrik wanneer lusern bewei gaan word. 5. WANNEER OM LUSERN TE BEMARK Die seisoenale pryse van lusern hooi wissel geweldig. Gewoonlik is die pryse op sy laagste met oestyd in die lente en somer. In die winter styg die pryse skerp weens die seisoenale tekort aan ruvoer. Pryse word oorwegend gedryf deur vraag en aanbod in die mark. Produsente kyk dus ernstig na die moontlikheid om voordeel te trek uit die hoër lusern pryse in die winter. Die koste per baal om dit op te berg beloop R57,43 vir ‘n groot baal en R3,53 vir ‘n klein baal. Die koste sluit in die depresiasie en finansierings koste van die stoor. Wanneer die opbergingskoste van ongeveer R150 per ton vergelyk word met die seisoenale wisseling in pryse lyk dit baie voordelig maar die effek op die onderneming se kontantvloei moet ook in berekening gebring word. 6. WANNEER MOET LUSERN HERVESTIG WORD Die hoë vestigings koste van lusern veroorsaak dat produsente die hervestiging so lank as moontlik uitstel. Produksie praktyke moet dus aangepas wees om lusern hervestiging so lank as moontlik uit te stel. Wanneer produksie vanaf jaar drie begin val met meer as 80% van ‘n normale opbrengs kan dit oorweeg word om lusern te vervang. 7. AFSLUITING In die veebedryf word lusern beskou as die koning van die hooigewasse. Daar sal dus altyd ‘n goeie vraag na hoë kwaliteit lusernhooi wees. Die klein Karoo is ideal gelee om die melkbedryf en die volstruisbedryf in die Klein Karoo en Suidkus van lusern hooi te voorsien. Spesifieke produksie stelsel het ontwikkel weens die watervoorsiening situasie en wisseling in die hooi en saad pryse. Die marges van lusern hooi en saad produksie kan goed vergelyk met ander bedrywe maar met laer risiko. Daar is geleenthede in die hooimark vir verhoogde inkomste deur die opberging van lusern hooi. Die risiko van die boerdery omgewing word daardeur verhoog met ‘n verdere negatiewe invloed op die kontantvloei. Die produksie van saad in ‘n geintergreerde produksie stelsel het nie ‘n negatiewe invloed op die winsgewindheid per hektaar nie. Daar is wel ‘n negatiewe invloed op hooiproduksie wanneer lusern bewei word. Hierdie aspek moet verder ondersoek word. Soos met al die ander landbou bedrywe kan aanvaar word dat produksie kostes met lusern verbouiing ook redelik toegeneem het. Die grootste beperking is sekerlik die beskikbaarheid van water. Daar is verseker nog ruimte om die effektiwiteit van produksie te verbeter. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Economy of Lucerne 




