Home Page arrow News Room arrow NLO News arrow Notule: Vergadering 3 Augustus 2007 Kroonstad  
Sunday, 05 September 2010
Navigation
Site Services
Advertise on this Site
Search
Photo Gallery
Downloads
Lucerne Links
Ads by Google
Notule: Vergadering 3 Augustus 2007 Kroonstad PDF Print E-mail

NASIONALE LUSERNORGANISASIE

Notule van Lusernhooi vergadering soos gehou  op 3 Augustus 2007 om 10:00 vm te Kroonpark, Kroonstad.

1.  Opening en verwelkoming. 

Nadat Mnr  Willie van der Ryst die vergadering met gebed ge-open het, verwelkom Mnr Derick Engelbrecht almal teenwoordig.   Hy heet Me. Ronel Rautenbach  (Nehemia Bemarking), Quentin le Roux  (Rhine Ruhr), Rudolph van Wyk  (OVK) en Pieter van Niekerk (NLO Direkteur), spesiaal welkom.

2. Presensielys en verskonings.   

2.1        Teenwordig:       

Dr. Hinner Kôster    Afgri 
Tokkie GroenewaldSanetic  
Johan van Deventer Afgri  
Albrecht Swiegers Lubern 
Quentin le Roux Rhine Ruhr  
Rudolph van Wyk  OVK
Fanie Brunette   GWK   
Ronel RautenbachNehemia Bemarking   
André BezuidenhoutABAC  
Willie van der Ryst Zanmar  
Prof. Hentie van der MerweU OVS 
Gerrie ScholtzU OVS
Pieter van Niekerk Direkteur NLO  
Derick Engelbrecht Bestuurder NLO  
Carel Lotz  Personeel NLO
 

2.2  Verskoning:     

Dr Nico Schutte – MPO
Niel Jacobs – Bester Voer- en Graanbeurs
Kenneth Botha – Afgri
Dr Joubert Nolte – Meadow
Albert Bischoff - Veekos  

3.  NLO – Agtergrond en dienste. 

Mnr Engelbrecht stel vir Prof. Hentie van der Merwe aan die woord en sy volledige aanbieding word as aanhangsel A tot hierdie notule aangeheg.  Prof. Hentie benadruk weer die belangrikheid van die nuwe struktuur en die dienste wat gelewer word en doen ‘n beroep op almal se samewerking.  Hy sê daar is reeds deur baie persone en organisasies baie tyd en geld belê in die lusernhooi-bedryf en ons sal later per geleentheid ook moet erkenning gee aan dié gene.   Dienste wat NLO lewer is deur Prof. Hentie in tabel formaat aan die vergadering uitgedeel. 

4. Graderingstelsel vir lusernhooi. 

Vervolgens kom Mnr. Gerrie Scholtz aan die woord – aanbieding word as aanhangsel B aangeheg tot notule.   

Gerrie rapporteer dat die vogprobleem met NIR ontledings nou opgelos is.Uit sy navorsing is dit duidelik dat slegs ongemaalde lusernhooi-monsters virvogbepaling gebruik kan word.   Op ‘n vraag van Mnr. Willie van der Ryst of die vogmeters betroubaar is, antwoord Gerrie dat hy toetse gedoen het metdie Formex en Willey en dat die meters nie betroubare lesings gee nie.   Dievergadering is dit egter eens dat die vogmeters wel deur produsente gebruikkan word in die praktyk omdat dit ‘n goeie aanduiding van die vogpersentasieweergee. 

Mnr. van der Ryst sê dat die NLO spesifikasies volgens die LKI en die van Afgri verskil.   Mnr. Johan van Deventer bevestig egter dat Afgri nou wel die NLOspesifikasies gebruik. 

Gerrie wys op verdere belangrike navorsing wat nog gedoen sal word van dieverskillende instrumente tov die CNCPS parameters en sê dat dit in die nabyetoekoms tot die NLO kalibrasie bygevoeg sal word.    Die vergadering neem ook kennis van die produsente se praktiese probleme op die grond soos baal- en sny metodes en tyd van sny asook die verskillende lusern variëteite se reaksie en opbrengs moontlikhede. 

5. Finansies en beplanning.            

Mnr. Engelbrecht begin sy aanbieding met die aantal NIR instrumente en netwerk-kontroleerders wat by die NLO geakkrediteer is.   Voorts verwys hy na die begroting wat tydens 11 April 2006 se vergadering voorgelê is.    Die aannames tov lusernhooi produksie en die aantal NIR instrumente en die gevolglike begroting het nie gerealiseer nie. 

Die totale vrywillige heffings ontvang in die 2005/2006 en 2006/2007  gewasjaar kom te staan op R121 012.00 tov 43 117 ton lusernhooi terwyl die direkte uitgawes vir dieselfde tydperk R135 127.00 beloop het.   ‘n Verdere R50 000.00 is ook uit Trust fondse betaal vir die ontwikkeling van die NLO kalibrasie. 

Volgens projeksies vir die 2007/2008 jaar wat op 1 Setember 2007 in aanvang neem blyk dit duidelik dat daar weer ‘n tekort op die begroting sal wees.   Mnr. Engelbrechtrapporteer dat die goeie nuus is dat die invoerders van lusernsaad bereid is om dié heffing van toepassing op binnelandse produksie te betaal op alle ingevoerde lusernsaad.   Die lusernsaad produsente begin egter weerstand bied teen diebetaling van ‘n vrywillige heffing omdat hulle geld in die lusernhooi bedryf aange-wend word – 30% hooi teenoor 70% lusernsaad bydrae. 

Mnr. Engelbrecht verwys na die 2007/2008 produksie syfers in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en lusern verbruik deur AFMA lede.    Die voerkraal bedryf gebruik egterklein hoeveelhede lusernhooi.   Dr. Hinner Köster stel voor dat ons die skaap-voerkraal moet skakel oor hul verbruik. 

Mnr. Engelbrecht verwys na die statutêre maatreëls vir  registrasies, aantekeningeen opgawes en meld dat ministeriële goedkeuring verkry is vir die voortsetting vanhierdie maatreëls tot 2010.   Die NLO het ook SAGIS genader om met dié taak behulpsaam te wees teen vergoeding, maar hulle het ons aansoek van die hand gewys. 

Mnr. Engelbrecht verwys na die strategiese werksessie wat op 5 Junie 2007 op Oudtshoorn plaasgevind het waartydens Mnr. Corwyn Botha van Kaap Agri as fasiliteerder opgetree het.    Uit die werksessie het dit duidelik na vore gekom dat die bedryf sal voortgaan op ‘n vrywillige basis en nie die statutêre roete sal volg nie.   Die deelnemers aan die werksessie het ook weer die voortbestaan van die NLO her-bevestig.   Die NLO wag egter nog op die plan vanaf Mnr. Botha.    Intussen het die NLO reeds personeel besnoeiing gedoen om sodoende uitgawes op die begroting te bewerkstellig. 

Dr Hinner Köster sê dat die NLO moet voortgaan met sy betrokkenheid by die lusernhooi-bedryf en spesifiek die nuwe graderingstelsel.   Hy sê dat die bedryf nie sal kan funksioneer sonder so ‘n organisasie nie en hy is bereid en hy glo ander ook, om die direksie van die NLO toe te spreek oor die groot potensiaal wat die bedryf bied.    Hy voel ook dat die tyd nou reg is om die nuwe graderingstelsel te bemark aan die melkbedryf, via die media en op inligtings- en boeredae.   Mnr. Albrecht Swiegers glo ook dat die inligting voor die aanbreek van die  nuwe lusernhooi seisoen aan die produsente oorgedra moet word. 

Die vergadering stem eenparig saam dat die huidige lusernhooi-skema voortgaan en die heffing R5.00 per ton moet bly.   Die vergadering wil egter nie sien dat lusernhooi wat nie deur ‘n NIR instrument ontleed word deel uitmaak van die skema nie. 

Mnr. Engelbrecht sluit sy aanbieding af deur te verwys na die NLO se web-blad en doen ‘n beroep op die lusernhooi-bedryf om hul organisasie en produk op die blad teen bekostigbare pryse te adverteer.   Die web-blad sal voorlopig net in Engels beskikbaar wees.   Op die web-blad is ‘n verhandelingskamer geskep waar lusernhooi aangebied kan word vir verkoop.   Na bespreking en op ‘n voorstel van Dr. Hinner Köster word besluit dat alle lusernhooi wat op die kamer aangebied en verkoop word onderhewig sal wees aan ‘n NIR ontleding met ‘n betaling van R5.00 per ton aan die NLO.   Alle lusernhooi wat verhandel word op dié kamer sonder ‘n NIR ontleding sal onderhewig wees aan ‘n hoër bedrag per ton. 

Mnr. Engelbrecht noem dat die NLO bereid is om alle interne en eksterne dispute tov lusernhooi te koördineer en wanneer dispute ontstaan, kundige persone aan te wys om dit te ondersoek.   Die party wat die saak verloor sal vir die kostes verantwoordelik wees.   Hierdie diens is egter net van toepassing op NIR ontledings soos omskryf in die lusernhooi-skema. 

6. Afsluiting.            

Mnr. Engelbrecht bedank almal vir hul moeite en positiewe gesindheid teenoor die lusernhooi-bedryf en bereidwilligheid om saam te werk.   Hy bedank ook vir Prof. Hentie van der Merwe en Mnr. Gerrie Scholtz vir hul aanbiedings maar ook vir wat hulle alreeds bygedra het tot die ontwikkeling van die nuwe graderingstelsel.   Hy doen laastens ‘n beroep op die bedryf om lusernhooi te skenk of teen bekostigbare pryse beskikbaar te stel aan mede boere wat groot skade gely het met die brande in die verskeie provinsies, waarna hy die vergadering om 13:00 (1nm) verdaag.       

Goedgekeur en geteken op  ............................................2007    

...........................................
VOORSITTER

Kliek hier om die Powerpoint aanbiedings van Prof Hentie v/d Merwe en Mnr Gerrie Scholtz af te laai.

 
 
Lucerne Trading

Trading Instructions
Register

Not a member yet?

If you register, you will have access to the following:

CLICK HERE to register.

Members Login
Who's Online
We have 14 guests online
Advertisements
 
Advertising Rates
Advertisement
Advertisements
Save 25% on Insurance Click Here