| Die Invoer van Roundup Ready Lusern |
|
|
|
Page 1 of 2 VERSLAG TER MOTIVERING VIR DIE INVOER VAN ROUNDUP READY LUSERN
1. Introduksie van Roundup Ready lusern in die RSA.
Onkruidbestryding in lusern is ‘n produksiefaktor wat soms baie problematies kan wees met die produksie van kwaliteit lusernhooi sowel as saad. Een van die leidende saadvoorsieners in die land is tans besig met die voorbereiding van ‘n werkstuk ter motivering vir die amptelike goedkeuring vir die invoer en verkoop van genetiee gemanipuleerde Roundup Ready lusern variëteite. Die NLO ondersteun die poging en het op versoek hierdie werkstuk saamgestel . 2. Gebruike van lusern in Suid-Afrika. Soos in die res van die wêreld word lusern in Suid-Afrika hoofsaaklik aangewend as weidingsgewas en die maak van hooi as dierevoer. Die gewas is baie aanpasbaar en word op plase dwarsoor die land aangeplant waar dit beskou word as die beste bron van proteiën. Saadproduksie, veral in die winterreënval-gebiede waar droë warm somers ondervind word, maak ook ‘n groot deel van die bedryf uit. Daar is reeds pogings aangewend om lusern te verwerk in ‘n proteiën-konsentraat en versapping van die produk maar sover word dit nog nie op ‘n kommersiële basis gedoen nie. Lusern word algemeen suiwer as gewas geplant maar word ook op klein skaal in gemengde gewas stande verbou. 3. Areas waar lusern verbou word. Lusern is ‘n gewas wat feitlik regoor die land verbou kan word hetsy droëland of onder besproeiing. Die aanwending is hoofsaaklik vir suiwer hooiproduksie of vir weidingsdoeleindes of soms vir albei gebruike op een plaas. Daar is egter ‘n paar hoof produksiegebiede in die land nl: 3.1 Noord-Kaap wat insluit Vaalharts, Douglas/Prieska en die Benede Oranjerivier gebied naby Upington. Hierdie gebied produseer hoofsaaklik hooi. 3.2 Wes-Kaap. Die Wes-Kaap gebied word breedweg in vyf streke verdeel nl, Noordweste, Swartland, Boland, Suidkus (Rûens) en Karoo wat ook die Klein Karoo insluit. In die Noordweste en Karoo word lusern hoofsaaklik as weiding aangewend terwyl die res van die gebied lusern aanwend vir beide hooiproduksie en weiding. Die Klein Karoo sowel as die Calvinia-area spits hom ook toe op saadproduksie agv droë somers met ‘n lang daglig lengte. 3.3 Oos-Kaap. Hierdie gebied produseer nie baie lusern nie maar maak tog deel uit van die totale oppervlakte. 3.4 Ander gebiede. As gevolg van somerreënval is daar ‘n groot gebied in die sentrale en noordelike gedeeltes van die land wat nie juis kan staatmaak op lusern vir hooiproduksie nie. Die Brits en Groblersdal distrik lewer nogtans redelike opbrengste in jare wanneer die klimaat saamspeel. Wat oppervlaktes aanbetref is daar geen onlangse syfers bekend nie maar die onderstaande tabel (1993 tot 2000) gee ‘n aanduiding van die verspreiding van oppervlaktes oor ‘n groot deel van die RSA.
*Na aanleiding van 1993 Landbou Sensus 4. Voordele van RR lusern. Die grootste voordeel van RR lusern is dat onkruidbeheer goedkoper en baie doeltreffend sal wees en sal verseker dat die produsent onkruidvrye hooi van hoë kwaliteit kan lewer. Omdat plantkompetisie verminder word sal dit die lewensduur van ‘n aanplanting verleng asook opbrengste verbeter. Met Round-up bespuiting sal daar geen plantbeskadiging voorkom soos met ander middels nie en geen nawerking sal in die grond agterbly nie. Hierdie voordeel geld ook vir weidingspraktyke aangesien skoon lande tot ‘n hoër voeromset sal lei en diere nie blootgestel sal wees aan die inname van onkruid wat skadelik kan wees nie. Die lusernsaadprodusent sal ook die voordeel geniet omrede die kontaminasie van saad met ongewenste onkruidsade, drasties verminder sal word en saadkwaliteit en suiwerheid sal verbeter. 5. Moontlike nadele van RR Lusern. Een van die nadele sal wees dat die saad van RR lusern aansienlik duurder sal wees en dus die insetkoste kan verhoog. Die moontlikheid bestaan egter ook dat sekere onkruid ‘n weerstand teen Round-up mag opbou wat die effektiwiteit mag benadeel. Wat weiding aanbetref is daar ‘n onthoudingstydperk van vyf dae na bespuiting maar met die regte bestuur behoort dit nie ‘n groot probleem te wees nie. Alhoewel nie ‘n direkte nadeel tov RR lusern nie, moet in gedagte gehou word dat daar, veral in die voedselbedryf, groot weerstand bestaan teen GM produkte en daar ‘n beduidende aanvraag is na organiese produkte. By suiwel- en vleisprodukte en ons dink hier aan die volstruisvleismark, moet daar ernstig gekyk word na die toelaatbaarheid van GM voere, veral vir uitvoerdoeleiendes. Daar sal dus eers breed gekonsulteer moet word voordat RR lusern vrylik in die RSA beskikbaar gestel word. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| < Prev | Next > |
|---|







