| Eerste Internet verhandelings kamer vir lusernhooi |
|
|
|
|
Die Nasionale Lusern Organisasie van Suid Afrika het pas die eerste internet verhandelings kamer vir lusernhooi in Suid Afrika bekend gestel. Dit bied nou vir die eerste keer ‘n geleentheid aan lusernhooi produsente om lusernhooi lotte deur middel van die NLO se nuwe aanlyn webblad verhandelings kamer, per internet veiling vir verkoop aan te bied. Verkopers en kopers van lusernhooi kan aanlyn registreer op die NLO se webblad en verkopers kan dan lusernhooi lotte registreer vir verkoop per veiling deur middel van hierdie aanlyn verhandelings kamer. Slegs lusernhooi wat deur die NIR instrument ontleed en gegradeer is sal deur middel van hierdie verhandelings kamer bemark word. Geregistreerde kopers kan dan deur die webblad aanlyn op hierdie lotte bie en sodra die bie tydperk van die lusernhooi lot verstryk, word die aanbod gesluit. Indien die suksesvolle bieder se aanbod aanvaar is, word die transaksie deur middel van die NLO afgesluit. Die suksesvolle koper betaal daarna deur middel van die NLO die verkoper, en die twee partye reël self die aflewering van die betrokke lusernhooi lot. Die koper is ook verantwoordelik vir die koste van vervoer. Hierdie nuwe diens van die NLO sal produsente in staat stel om mark verwante pryse vir hul lusernhooi produkte te behaal en volgens Mnr Derick Engelbrecht belowe die stelsel om ‘n belangrike diens aan lusernhooi produsente sowel as vir lusernhooi verbruikers te lewer. Die gradering volgends die NIR metode sal ook as waarborg dien van die gehalte van die lusernhooi. Die prosedure om aan die verhandeling kamer deel te neem, is kortliks as volg:
Kontak persoon: Mnr Derick Engelbrecht, NLO, Tel (27)44 – 272 8991, Oudtshoorn, Suid Afrika. Epos adres: This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it |





