| Gerrie Scholtz voltooi sy Ph.D studie |
|
|
|
|
Gerrie Scholtz het sy Ph.D studie getiteld: "A Grading System for Medicago sativa hay in South Africa" suksesvol voltooi. Die Ph.D. graad word op 18 September 2008 tydens die gradeplegtigheid van die Universiteit van die Vrystaat aan hom toegeken. Prof. Hentie van der Merwe en Dr. Tom Tylutki het onderskeidelik as promotor en mede-promotor van sy Ph.D studie opgetree. Gerrie is 21 September 1975 in Douglas gebore. Hy ontvang sy hoërskoolopleiding in Douglas waar hy in 1993 aan die Hoërskool Douglas matrikuleer. Hy behaal die graad B.Sc. Agric in 1998, B.Sc. Agric (Hons) in 1999 en die graad M.Sc. Agric met lof in 2001 aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy word in 2008 in die Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde aangestel en is tans 'n na-doktorale genoot by die Universiteit van die Vrystaat. Namens die totale lusernbedryf in Suid-Afrika ons gelukwensing aan Gerrie met hierdie besondere prestasie behaal en ook ons gelukwensing aan sy gesin. Ons glo en vertrou dat Gerrie nog steeds sal voortgaan met navorsing spesifiek op die kwaliteit -en gradering van lusernhooi. Ons wens Gerrie toe n mooi en voorspoedige toekoms in die landbou. UITGERIEK DEUR DIE:
NASIONALE LUSERNORGANISASIE 08 AUGUSTUS 2008 |
| < Prev | Next > |
|---|







