Home Page arrow News Room arrow Newsflashes arrow Nuwe Suid-Afrikaanse weitipe lusernkultivar doen belowend in proewe in die Overberg  
Sunday, 05 September 2010
Navigation
Site Services
Advertise on this Site
Search
Photo Gallery
Downloads
Lucerne Links
Ads by Google
Nuwe Suid-Afrikaanse weitipe lusernkultivar doen belowend in proewe in die Overberg PDF Print E-mail

J M van Heerden - LNR-Diereproduksie-instituut, Posbus 3320, Matieland 7602 - This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it

Lusern kan, veral in Suid-Afrika met reg as die koning van die voergewasse beskou word. Enigeen wat op ‘n plaas in die Karoo of Suidkaap groot geword het, ken lusern as ‘n staatmaker weiding. Dit is ‘n gewas wat, ten spyte van sy belangrikheid vir die landbou en die oppervlakte daarvan onder verbouing, tereg as ‘n stiefkind beskou kan word.  Lusern is van ontsaglike waarde as veevoer, weiding en wisselbougewas.  Ten spyte hiervan, word daar plaaslik baie min aan lusernnavorsing bestee.     Ons het vroeër net een kultivar geken naamlik SA Standaard.  Die kultivar is landwyd aangeplant vir beide weiding en hooiproduksie.  Die kultivar was bekend vir sy lang lewe en weibestandheid en kon vir enigiets van vyf tot selfs 10 en meer jaar na vestiging nog goeie produksie lewer.

Ongelukkig het daar in die laat sewentigerjare ‘n  plantluisprobleem ontwikkel en lusernstande in veral Australië, waar die standaard kultivar Hunter River was, met baie soortgelyke eienskappe as SA Standaard, totaal uitgeroei.  Drie luise nl, die blougroen, die ertjie (in die winter en lente) en die gepikkelde luis (in die somer) was die groot sondebokke.  Gelukkig vir ons, word SA Standaard nie uitgeroei deur hierdie luise nie, maar die produksie daarvan word onder swaar luisbesmetting in die winter en lente met tot 60% verlaag.

Met die koms van laasgenoemde probleem is gevolglik inderhaas meer luisbestande lusernkultivars ingevoer.  Daar is landwyd ‘n program geloods waarin die nuutste kultivars van alle saadbemarkers geëvalueer is.  Dit het egter gou in die Weskaap geblyk, dat hoewel die nuwe kultivars soms meer produktief was as hooigewasse, was baie van hulle en veral die meer winteraktiewe tipes, nie bestand teen strawwe beweiding nie. Ongelukkig word boere in tye van voerskaarste en om verskeie praktiese redes veral in die Weskaap soms gedwing om lusern swaar en aanhoudend te bewei.

Met die oog hierop het die LNR met ‘n program van evaluasie van weitipes in die Weskaap begin.  Die LNR voer die program reeds ongeveer 10 jaar uit en die laaste vier jaar ook in noue samewerking met die Nasionale Lusern Bedryfsorganisasie (NLO) en die saadhandel.  Die LNR het reeds vroeër, onder kontrak van die NLO en onder die leiding van Dr Albert Smith (LNR) en Mnr Derick Engelbrecht (NLO), ‘n program geloods waaronder begin is om ‘n nuwe en suiwerder lusernkultivar vanuit verskillende bronne van SA Standaard te selekteer.  Uit hierdie werk het ‘n nuwe kultivar SA Select voort gevloei.  SA Select word dan ook in ‘n weiproef wat vanaf 2005 in die Weskaap gedoen word, met ander kommersiële ingevoerde kultivars vergelyk.

In die figuur hier onder word die gemiddelde weikapasiteit van 14 lusernkultivars, waaronder SA Select, oor vier seisoene vergelyk met dié van SA Standaard.  Die data is die gemiddelde van drie seisoene (2005 tot 2008).

 

 overberg.gif

Bogenoemde figuur toon duidelik dat SA Select baie goed vertoon as weiding in die gebied.  Hoewel daar verskeie ander ingevoerde kultivars is, soos Magna 601, WL 414, Venus en WL 357, wat net so goed vertoon, kan SA Select met veiligheid aanbeveel word as alternatief vir SA Standaard.   Omdat die kultivar se saad plaaslik geproduseer gaan word, is dit uniek en kan die kultivar ‘n baie belangrike ekonomiese inspuiting vir die plaaslike lusern saadprodusente wees.  Die grootskaalse gebruik van hierdie kultivar sal boonop heelwat buitelandse valuta kan bespaar.
 
< Prev   Next >
 
Lucerne Trading

Trading Instructions
Register

Not a member yet?

If you register, you will have access to the following:

CLICK HERE to register.

Members Login
Who's Online
We have 7 guests online
Advertisements
 
Advertising Rates
Advertisement
Advertisements
Save 25% on Insurance Click Here