| Lusernhooi Graderingskursus |
|
|
|
|
Die nuwe graderingsstelsel het ‘n groot inpak op die lusernbedryf gemaak en is steeds besig om te ontwikkel. Daar is tans baie nuwe tegnieke en metodes ontwikkel om lusernhooi meer doeltreffend te gradeer sodat dispute uitgeskakel kan word en die boer op die oueinde van die dag ‘n beter prys vir sy produk ontvang. Gedurende Oktober 2009 gaan die Universiteit van die Vrystaat in samewerking met die Nasionale lusernorganisasie kursusse aanbied om die boer en sy werkers op te lei in die tegnieke en metodes wat die nuwe graderingsstelsel behels. Die kursusse sal plaasvind onder leiding van Prof Hentie vd Merwe en Dr Gerrie Scholtz. KURSUSPROGRAM SAL SOOS VOLG VERLOOP: 1. Opening en verwelkoming2. Oorsig - NLO Graderingstelsel 3. NLO-Skema 4. Monsternemings potokol 5. Ontledings - Naby infrarooispektrometer 6. Kwaliteitsbepaling en standaarde 7. Nuutste ontwikkeling in gradering 8. Praktiese demonstrasie
WAAR: Tyd: 9:00 Kostes: R 100.00 per persoon Navrae / Inskrywings :NLO : Mnr Carel Lotz 044 272 8991 Upington : Mnr Beyers Mallo 054 331 1351
Jan Kempdorp : Mnr Douw Steyn 071 670 5883 U sal n sertifikaat ontvang na suksesvolle voltooiing van die kursus. Kliek hier om die Aansoek vorm af te laai. |
| < Prev | Next > |
|---|







